Proteas besef Engeland gaan môre ‘n ander kalant wees
Krieket: Suid-Afrika besef Engeland kan môre in die wedstryd om die Kampioenetrofee in Karatsji, Pakistan, ‘n taai kalant wees. Dit kom nadat hulle teenstanders reeds in die groepfase uitgeskakel is terwyl die Proteas ʼn goeie kans staan om tot die halfeindronde deur te dring. Die Suid-Afrikaanse afrigter, Rob Walter, sê sy manne moet lig loop teen ʼn gehalte span wat tans sukkel en moet ʼn internasionale vertoning lewer. Hy het bekendgemaak paaltjiewagter en lopievraat, Heinrich Klaasen, is terug nadat hy die openingswedstryd teen Afghanistan misgeloop het.