Ondersoek na 2021 NBC-staking voltooi

Die parlementêre staande komitee op menslike hulpbronne en gemeenskapsontwikkeling het sy verslag ingedien oor sy ondersoek na die verwoestende staking by die NBC in 2021. ‘n Mosie hieroor is in November 2021 ter tafel gelê. Die komitee het onder meer bevind dat die mislukte onderhandelingsproses oor werknemers se salarisverhogings en ander griewe wat gelei het tot die staking, eerlikheid en behoorlike konsultasie met werknemers ontbreek het wat die werkers kwesbaar gelaat het vir die NBC-bestuur se ongunstige besluite. Die komitee het aanbeveel dat die inligtingministerie die NBC se subsidie hersien en verbeter sodat hy sy mandaat om die nasie in te lig, op te voed en te vermaak effektief kan nakom. Die ministerie moet ook ‘n ondersoek en forensiese oudit na die bedrywighede en finansiële aangeleenthede van die NBC uitvoer om wanaanwending, vermorsing en onreëlmatige uitgawes te bepaal. Hy moet die NBC deurlopend monitor en nakoming afdwing, en seker maak dat diegene wat verantwoordelik is vir die finansiële wanbestuur by die korporasie verantwoordbaar gehou word en strafmaatreëls uitgereik word.