Nujoma-begrafnis: Hier’s wat jy moet weet

Die oorskot van stigterspresident Sam Nujoma het oornag by die Parlemenstuine in staatsie gelê vir die publiek om hul laaste eer te betoon. Die kis sal vanoggend in prosessie deur die hoofstad begelei word na die Onafhanklikheidstadion, waar die amptelike gedenkdiens sal plaasvind. Inligtingminister Emma Theofelus sê die prosessie sal om half-12 van die Parlemenstuine vertrek en het die roete uiteengesit.