Niemand sal Afghanistan se krieketspan weer onderskat nie

Afganistan se hoofafrigter, Jonathan Trott, sê niemand sal sy span ooit weer onderskat nie. Die land het Engeland in die Kampioenetrofee geskud en met agt lopies gewen om die Engelse uit te skakel. Ibrahim Zadran het Afganistan se beurt van 325 vir sewe geanker met ‘n briljante 177 van net 146 balle. Trott sê die oorwinning en hulle goeie vertoning in die vorige twee Wêreldbekertoernooie beteken Australië sal niks as vanselfsprekend aanvaar in vandag se wedstryd nie, veral aangesien kwalifisering vir die halfeindronde op die spel is.