Namibië, Brasilië gaan transnasionale misdaad takel

Onder die kabinetbesluite wat deur inligtingminister Emma Theofelus aangekondig is, was dat ‘n samewerkingsraamwerk met Brasilië om transnasionale misdaad te bekamp, goedgekeur is. Die kabinet het Namibië ook gemagtig om ‘n werkswinkel oor gevangenisinfrastruktuur in Afrika aan te bied, en het die finansiële verslae van verskeie staatsbeheerde ondernemings goedgekeur. Die verslae kan nou in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word. Theofelus het meer inligting gegee oor die samewerking tussen Brasilië en Namibië.