Namdia roof is toegang tot inligting kwessie – Nakuta
Namdia sê hy sal ‘n amptelike opdatering oor die dodelike gewapende diamantroof by sy kantore in Januarie gee eers ná die nasionale rouperiode verstryk het. Beverley Coussement, ‘n woordvoerder van Namdia, sê die organisasie werk nou saam met die owerhede terwyl die ondersoeke aan die gang is, en is vol vertroue dat geregtigheid sal seëvier. Namdia verseker belanghebbendes dat die saak ernstig opgeneem word en het sy verbintenis tot deursigtigheid en behoorlike prosesse bevestig. Kosmos 94.1 Nuus het die media ombudsman dr. John Nakuta gevra of daar in hierdie geval ‘n toegang tot inligting-kwessie is.