Meld in hemelsnaam misdade aan, pleit aktivis

‘n 16-jarige leerder van Eldorado Hoërskool het haarself Donderdagmiddag gehang. Die groot tragedie is dat sy volgens die polisie verlede jaar verkrag is, maar die saak is nie aangemeld nie. Sy het reeds in Januarie twee keer probeer selfdood pleeg maar haar familie het ook nie probeer hulp kry vir haar nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die sosiale aktivis Zack Itodo, wat pleit dat misdade aangemeld moet word.