Hersien bevindings na George-gebouramp, vra GOODFebruary 28, 2025

Die GOOD-party in George vra dat die bevindings van die ondersoek na die ineengestorte gebou in die munisipale raad ter tafel gelê word. Die gebou was in aanbou toe dit in Mei verlede jaar ingetuimel het. Dit het gelei tot die dood van 34 mense, terwyl 28 gered is. Chantelle Kyd van GOOD sê deur die bevindings te hersien, kan verdere voorvalle van dié aard in die toekoms verhoed word en dit kan ook broodnodige afsluiting vir die slagoffers se naasbestaandes gee.