Drie Ierse rugbylegendes op rand van uittree

Rugby: Drie Ierse legendes gaan na die Sesnasiesreeks uittree. Hulle is die land se mees ervare speler, Cian Healy, Peter O’Mahoney, wat Ierland verlede jaar na die titel gelei het, en nog ‘n speler met meer as 100 toetse op sy kerfstok, Conor Murray. Hulle is waarskynlik onderweg na ‘n sprokies-einde aan hulle toetsloopbane met ‘n ongekende derde agtereenvolgende Sesnasies-kroon. Ierland het vanjaar sy eerste drie wedstryde gewen, maar speel volgende Saterdag tuis teen sy sterkste teenstander, Frankryk.