Dit gaan beter met pous, sê Vatikaan

Die Vatikaan sê die 88-jarige pous Franciskus het ‘n rustige nag in die hospitaal deurgebring, ‘n dag nadat daar ‘n tweede agtereenvolgende dag ʼn verbetering in sy toestand was. Sy gesondheid het agteruitgegaan nadat hy op 14 Februarie met asemhalingsprobleme in die Gemelli-hospitaal in Rome opgeneem is. Dit het kommer laat ontstaan omdat dit tot dubbele longontsteking vererger het. Die Argentyn, wat sedert 2013 hoof van die Rooms-Katolieke Kerk is, het verlede naweek asemnood ontwikkel, maar die Vatikaan het dié week stelselmatige verbeterings in sy toestand aangekondig.