Britse akademici soek klimaatsverandering in alle skoolvakke
Oxbridge-akademici lei ʼn veldtog om klimaatsverandering in alle skoolvakke te integreer as deel van die Arbeidersparty se leerplanhersiening. Die Britse minister van Onderwys, Bridget Phillipson, word in ʼn brief gevra om klimaatsverandering by die leerplan in te sluit. Meer as 150 akademici in die Verenigde Koninkryk, onder andere 29 professors van Oxford en Cambridge, het dit onderteken. Hulle sê in die huidige konteks van vinnige klimaatsverandering is die hersieningpaneel se hooftaak om die beste maniere te vind om jong mense met ʼn onseker toekoms te help.