Bairstow en From loop voor in SA Ope
Sam Bairstow van Engeland en die Sweed, Fredrik From, loop met sewe onder baansyfer 65 saam voor ná die Suid-Afrikaanse Ope se eerste ronde in Durban. Die Suid-Afrikaner Darren Fichardt was ook op sewe onder met vier putjies oor toe spel Donderdag weens swak lig gestaak is. Intussen het Jayden Schaper van Suid-Afrika, Richie Ramsay van Skotland, Shubhankar Sharma van Indië, Haotong Li van China en Todd Clements van Engeland die dag op ses onder baansyfer afgesluit. From sê hy is tevrede met sy spel: