Alle oë op hooggeregshof, IPC-uitspraak vandag
Die hooggeregshof sal vandag uitspraak lewer in IPC-president Panduleni Itula se regsuitdaging van aspekte van die presidentsverkiesing op 27 November 2024. Itula voer aan dat die verlenging van die verkiesing onwettig was, omdat die proklamasie oor die verlenging wat deur president Nangolo Mbumba uitgereik is, onwettig was. Die uitspraak kan beduidende implikasies vir die plaaslike politieke landskap hê. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party, wat die IPC se saak steun.