AfriForum sê ANC saai verdeeldheid

AfriForum sê president Cyril Ramaphosa en die ANC-leiers is die mense wat verdeeldheid in Suid-Afrika saai. Die president het AfriForum en Solidariteit gekritiseer nadat hulle hul griewe na president Donald Trump se administrasie in Washington geneem het. Hy beskuldig die twee groepe dat hulle verdeeldheid saai in die land. Die drukgroepe het hierdie week met verteenwoordigers van Trump se administrasie vergader. AfriForum se hoof, Kallie Kriel, sê hulle sal voortgaan om vir die land se belange en skaamteloos vir Afrikanerbelange te veg: