Verdagtes in N$30m bedrogsaak nou vier

Die Erongo-polisie bevestig dat vier en nie drie verdagtes wat verbind word met ‘n bedrogpsul van 30 miljoen Namibiese dollar by Lancaster Training Institute, ‘n verpleegskool wat in 2022 gestig is, is in Walvisbaai met die saak wat tot 11 Maart uitgestel is. Die vierde verdagte is op Ondangwa gearresteer. Die saak hou verband met 30 miljoen Namibiese dollar se bedrog en geld wat onder valse voorwendsels geleen is by Oranje Cultural Fishing op Walvisbaai. Een van die verdagtes, ‘n 5 3-jarige vrou, wat ‘n amptenaar van die ministerie van visserye is, is ook ‘n aandeelhouer in die maatskappy en het glo die lening gefasiliteer. ‘n Polisie-ondersoek het aan die lig gebring dat die geld vermoedelik misbruik is vir persoonlike uitgawes. Die polisie sal later nog inligting bekend maak.