Trump tjoepstil oor of China Taiwan met geweld kan oorneem

Amerikaanse president Donald Trump het tydens sy eerste kabinetsvergadering geweier om kommentaar te lewer in antwoord op ‘n vraag of die VSA ooit China sal toelaat om met geweld beheer oor Taiwan te neem.

Die VSA het tradisioneel altyd Taiwan se onafhanklikheid ondersteun maar die Trump-administrasie verskuif politieke alliansies.