Save South Africa sê AfriForum, Solidariteit walg hulle
Die Save South Africa-burgerlike beweging sê dit is duidelik AfriForum en Solidariteit is daarop uit om die nalatenskap van apartheid voort te sit terwyl hulle voorgee hule is die slagoffers. Die organisasies het met verteenwoordigers van die Amerikaanse president, Donald Trump, in Washington vergader en voorspraak gemaak vir groter druk op ANC-leiers oor plaasmoorde, die Onteieningswet en die BELA-wet. Die beweging se woordvoerder, Tebogo Mahilompane, sê hulle is gewalg deur die vals verhale wat AfriForum en Solidariteit volhou.