NamWater waarsku oor bedrieglike betaalstrokies

NamWater waarsku die publiek, finansiële instellings en belanghebbendes oor swendelaars wat vals NamWater-betaalstrokies gebruik om ondernemings en individue te mislei, veral dié in die korttermynleningsbedryf. In ‘n onlangse voorval is ‘n bedrieglike betaalstrokie na bewering gebruik om geld onder valse voorwendsels te bekom. NamWater sê die dokument, wat versprei is, het nie die unieke veiligheidsfunksies van egte NamWater -betaalstrokies nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lot Ndamanomhata, NamWater’s se segsman.