MTC Maris waarsku oor ‘transfer money’ swendelary
MTC Maris het sy kliënte ingelig oor bedrieërs wat gebruikers van sy mobiele gelddiens teiken. Swendelaars bel glo MTC Maris-kliënte en vra hulle om opsie 4, “transfer money”, te druk om 950 Namibiese dollar te ontvang. Wanneer die opsie gedruk word kry die bedrieërs toegang tot die kliënt se MTC Maris-kaart en die geld wat daarop gelaai is. MTC Maris se bestuur sê hulle gee nie geld weg nie en die aanbod is ‘n bedrogspul. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Erasmus Nekundi, MTC se woordvoerder.