Kadhila-Amoomo trek te velde oor berig van sy kliënte se bedrogsaak

Die prokureur van die vier aangeklaagdes in ‘n byna 30 miljoen Namibiese dollar-bedrogspul by Lancaster Training Institute, ‘n verpleegskool, het buite die Walvisbaai landdroshof beswaar gemaak teen beriggewing in ‘n plaaslike dagblad oor die saak. Victoria George, Abisai Ndeunyema, Cecilia Nakale en Elizabeth Shikongo het na bewering onder valse voorwendsels 29,9 miljoen dollar by Oranje Cultural Fishing op Walvisbaai geleen. Hulle is aangekla van bedrog, vervalsing, gebruik van ‘n vervalste instrument en geldwassery. Hul prokureur, Sakkie Kadhila-Amoomo, het aan die media gesê die berig beïnvloed moontlik sy kliënte se reg op ‘n regverdige verhoor.