Hof sê vandag oor staat se appèl teen NoaFebruary 27, 2025

Uitspraak word vanoggend verwag in die staat se aansoek vir verlof tot appèl by die hooggeregshof na die hoërhof die skuldigbevinding van die leerlingdokter, Dennis Noa, verlede jaar in November omgekeer het. Noa is skuldig bevind op ‘n aanklag van verkragting en deur ‘n Windhoekse landdros tot agt jaar tronkstraf gevonnis. Regters Herman January en Philanda Christiaan het destyds bevind die staat het nie sy saak bewys nie. In sy aansoek voer die staat aan dat die hof onvoldoende ag geslaan het op die totaliteit van die omstandigheidsgetuienis.