Hamas oorhandig oorskot van vier gyselaars
Israel het bevestig dat hy die liggame van vier gyselaars van Hamas ontvang het as deel van die skietstilstand-ooreenkoms. Die liggame is aan die Rooikruis oorhandig en is volgens Hamas die oorskot van Shlomo Mantzur, Tsachi Idan, Ohad Yahalomi en Itzhak Elgarat, wat tydens die aanval op 7 Oktober 2023 ontvoer is. Israel sê egter hulle is besig om DNS-toetse uit te voer om die identiteite te bevestig. Die land is ook besig om meer as 600 Palestynse gevangenes vry te laat.