G20 moet ongelykheid aanspreek – Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê die G20 moet leierskap toon en die ongelykhede in die wêreldekonomie aanpak. Hy het die eerste vergadering vir G20-finansministers en presidente van sentrale banke onder Suid-Afrika se presidentskap in Kaapstad geopen. Hy sê die G20 moet pogings koördineer om te fokus op inklusiewe groei, gegrond op reagerende handel en belegging, sodat arm nasies en die armstes van die samelewing se inkomste kan toeneem.