Fishrot-verhoor frustreer die publiek, sloer te lank
Die Fishrot-verhoor is geskeduleer om op 4 Augustus voort te gaan, letterlik jare na die 10 beskuldigdes gearresteer en aangekla is. Die verhoor is telkens uitgestel weens talle aansoeke, waaronder dat Regter Moses Chinhengo homself moet onttrek. Aanklaer-generaal Martha Imelwa het vroeër in haar getuienis gesê voortgesette geskille oor regsverteenwoordiging was ‘n uitstel-taktiek. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat deel was van ‘n ondersoek in die saak.