Afrika-lugrederye in 10 ongelukke in 2024, geen sterftes

Die Internasionale Lugvervoervereniging, Iata, het sy 2024 lugdiensindustrie veiligheidsverslag vrygestel. Van die 40,6 miljoen vlugte wêreldwyd was 46 in ongelukke, waarvan sewe noodlottig was. Afrika-lugrederye het in 2024 tien ongelukke aangeteken, maar vir die tweede agtereenvolgende jaar was daar geen sterftes nie. Veertig persent van alle ongelukke waarby Afrika-gebaseerde lugrederye betrokke was, was met turbopropvliegtuie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Linden Birns, Iata se raadgewer oor openbare- en mediabetrekkinge, wat meer inligting gee.