USAid: Afghanistan se vroue trek uiters swaar 

Die opskorting van Amerikaanse hulp bly in die nuus. In Afghanistan is dit verwoestend omdat die land jare lank gebuk gaan onder oorlog en talle moeders as weduwees gelaat. Maar nou mag hulle onder die Taliban nie werk nie en kan nie vir hulle families sorg nie. Arwa Damon, president van die International Network for Aid, Relief and Assistance, sê aan SkyNews dat dit nie die enigste impak is nie.