Trump en Zelensky sluit blykbaar minerale ooreenkoms

Amerika en Oekraïne het glo ‘n groot minerale ooreenkoms gesluit. Oekraïne beskik oor baie groot noodsaaklike elemente en minerale insluitend litium en titanium asook aansienlike steenkool-, gas- en uraan-neerslae. Na wat berig word sluit die ooreenkoms gesamentlike eienaarskap van ‘n fonds in en Oekraïne sal in die toekoms 50-persent van die toekomstige verdienste uit staatshulpbronne bydra, insluitend minerale, olie en gas. Amerika probeer toegang kry tot Oekraïne se noodsaaklike minerale en ander hulpbronne as deel van wyer onderhandelings om die oorlog in Kiëf te beëindig.