Suide smag steeds na reën

Matige tot swaar storms met kitsoorstromings word môre in dele van die Ohangwena-, Oshikoto-, Kavango-, Zambezi- en Otjozondjupa-streke verwag, wat teen Donderdag na die Khomas-streek sal verskuif. Die Suide het egter nog nie soveel reën as die res van die land gekry nie, maar boere bly hoopvol. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dolf de Wet van die plaas Michberg naby Grünau.