Pep sê City kan vernuwe word
Afrigter Pep Guardiola ontken die taak om Manchester City te herbou is die grootste uitdaging van sy loopbaan. Sy span swoeg om onder die boonste vier in die Premierliga te bly. City, wat vandag weg speel teen Tottenham, is 20 punte agter die voorloper op die punteleer, Liverpool, teen wie hulle die naweek 2-0 verloor het. Hulle is ook uit die Kampioeneliga geskakel. Guardiola, wie se span ses van die vorige sewe Premierliga-titels ingepalm het, sê dit is nie onmoontlik om City te hernuwe nie.