Ma’a Nonu speel weer vir Toulon op 42

Rugby: Die veteraan-Nieu-Seelandse senter Ma’a Nonu sal tot die einde van die seisoen vir die Franse Top 14-klub Toulon speel. Die 42-jarige het die klub reeds twee keer in die verlede verteenwoordig. Hy het 103 toetse vir die All Blacks gespeel en was deel van die span wat die Wêreldbeker in 2011 en 2015 gewen het. Hy staan in vir Setariki Tuicuvu, Gabin Villiere en Antoine Frisch, wat almal beseer is. Nonu is in die span wat Saterdag teen Lyon speel. Toulon is tans tweede op die Top 14-punteleer.