Britse eerste minister op pad na TrumpFebruary 26, 2025
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, bring môre ‘n uiters belangrike besoek aan die Withuis om die Amerikaanse president, Donald Trump, te probeer oorreed om sekerheidswaarborge vir Oekraïne te verskaf as deel van enige skietstakings-ooreenkoms met Rusland. Hy wil voortbou op die Franse president, Emmanuel Macron, se besoek aan Washington Maandag toe hy gewaarsku het vrede kan nie oorgawe vir Oekraïne beteken nie. Starmer sal Kiëf moet verdedig sonder om Trump te ontstel nadat hy Europa onverhoeds betrap het deur gesprekke te voer met Vladimir Putin se regering.