Kommer oor wêreldwye menseregte met geopolitiek
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het sy kommer uitgespreek oor die stand van menseregte, regoor die wêreld. Daar is groot kommer veral met die geopolitiek wat verskuif, begrotings vir verdediging wat vergroot word en humanitêre hulp wat onder druk is. Hy koppel menseregte aan volhoubare vrede.