Gauteng-regering moet beleggers lok: VF-Plus

Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê die ANC-oorheersde regering van provinsiale eenheid moet beslissende stappe doen om ʼn beleggersvriendelike beleidsomgewing te verseker. ʼn Woordvoerder van die party, Anton Alberts, sê sonder nuwe beleggings sal die provinsie nie die sterk ekonomiese inspuiting kry wat nodig is vir sterk ekonomiese groei en volhoubare werkskepping nie. Hy sê die ekonomie moet teen minstens ses-persent groei en dit kan slegs met groot beleggings bereik word.