Gauteng kort leefstyloudits – DA

Die DA sê die ouditeur-generaal se verslag oor Johannesburg moet tot daadwerklike optrede lei en nie slegs bespreek word nie. Die party versoek lewenstyl- en vaardigheidsoudits van senior amptenare en sê die stad word lamgelê weens wanbestuur en korrupsie. Die party het die nasionale regering aangemoedig om in te gryp en waarsku die hulpbronne in Johannesburg word misbruik en dienslewering ly daaronder. Die DA-lid, Belinda Kayser, sê ouditbevindings moet ernstig opgeneem word om aanspreeklikheid te verseker en behoorlike bestuur in die stad te herstel: