Drie vas vir bedrog van N$30m

Drie verdagtes 53, 34 en 30 jaar oud, wat word verbind met ‘n bedrogpsul van 30 miljoen Namibiese dollar by Lancaster Training Institute, ‘n verpleegskool wat in 2022 gestig is, is in Windhoek gearresteer. Hulle het na bewering die geld onder valse voorwendsels geleen by Oranje Cultural Fishing op Walvisbaai. Namibian Sun berig die 53-jarige vrou, wat ‘n amptenaar van die ministerie van visserye is, is ook ‘n aandeelhouer in die maatskappy en het glo die lening gefasiliteer. ‘n Polisie-ondersoek het aan die lig gebring dat die geld vermoedelik misbruik is vir persoonlike uitgawes, insluitend die aankoop van ‘n huis van 1,7 miljoen dollar in Windhoek en luukse voertuie. Die drie sal na Walvisbaai oorgeplaas word, waar hulle hul eerste hofverskyning sal maak.