Drie oud-leiers van Afrika sal vredesproses in DRK dophou

Afrika-lande het drie oud-leiers aangewys om toesig te hou oor die vredesproses in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo. ‘n Ondersoeker van die Internasionale Strafhof gaan ook die toename in geweld ondersoek. Die voormalige president van Kenya, Uhuru Kenyatta, Ethiopië se gewese eerste minister, Hailemariam Desalegn, en die gewese Nigeriese president, Olusegun Obasanjo, moet die nuwe vredesproses bemiddel. Die Rwandees-gesteunde M23-rebelle het onlangs twee groot stede oorgeneem wat aan hulle ‘n belangrike vastrapplek gee nadat hulle in 2021 weer die wapens opgeneem het.