De Beers presteer goed, ten spyte van swak pryse

De Beers het verlede jaar sy kapitaalbesteding in Namibië tot 754 miljoen Namibiese dollar verhoog vanaf 643 miljoen dollar in 2023, al het diamantproduksie en finansiële prestasie gedaal. Die land se totale diamantproduksie het in 2024 met 4 persent gedaal tot 2,23 miljoen karaat. Die gemiddelde prys per karaat het van 515 Amerikaanse dollar tot 426 dollar gedaal, terwyl die eenheidskoste van 246 dollar tot 295 dollar gestyg het. De Beers het bevestig dat sy verkoopsooreenkoms met die regering tot Mei 2026 geldig is. Die regering en De Beers besit elk 50 persent aandele in Namdeb Holdings, wat Debmarine insluit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Willy Mertens, die uitvoerende hoof van Namdeb.