Brittanje stop alle hulp aan Rwanda

Brittanje het finansiële hulp aan Rwanda opgeskort oor sy vermeende ondersteuning aan die M23-rebelle wat beheer geneem het oor twee belangrike stede in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo. Die groep het die afgelope weke die stede, Goma en Bukavu, beset. Die Britse kantoor vir die Buiteland, Statebond en Ontwikkeling sê hulle hersien uitvoerlisensies vir die Rwandese Weermag en opleiding vir sy soldate is opgeskort. Brittanje waarsku ook hy mag dalk met bondgenote saamwerk oor moontlike nuwe sanksies.