Bipa verklarings nodig vir gryslys
Namibië maak vordering met die aanspreek van strategiese tekortkominge wat deur die Finansiële Aksie Taakmag geïdentifiseer is toe die land in Februarie 2024 op die gryslys geplaas is. Volgens die taakmag se jongste oorsig op 21 Februarie vanjaar is vier van die 13 aksie-items grootliks aangespreek, met die oorblywende items wat gedeeltelik voltooi is. ‘n Belangrike aspek is die indiening van voordelige eienaarskapinligting by die Besigheids- en Intellektuele Eiendom-owerheid, Bipa. Dit is van die uiterste belang om so gou moontlik van die gryslys gehaal te word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ockert Jansen, Bipa se woordvoerder, oor hoe indienings vorder.