SAPD se werwingsproses is afgehandel
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het sy werwingsproses vir 2024/2025 afgehandel en sy verbintenis nagekom om oor drie jaar 30 000 beamptes te werf. Die laaste groep van 2 186 rekrute het landwyd by polisie-akademies aangekom. Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, verwerp aansprake op sosiale media van ʼn derde groep en bevestig die werwingsproses is amptelik afgehandel: