Sacky het geld, sê prokureur-generaal, saak gaan voort

Regter Moses Chinhengo het beveel dat die verhoor van die tien beskuldigdes in die Fishrot-korrupsieskandaal op 4 Augustus voortgaan. Van die beskuldigdes, waaronder voormalige justisieminister Sacky Shanghala, het kommer uitgespreek omdat hulle nog nie resgverteenwoordigers het nie. Aanklaer-generaal Martha Imalwa het egter getuig die saak is nie so ingewikkeld dat hulle nie hulself kan verdedig nie. Imalwa het ook Shanghala se beweerde finansiële uitdagings betwis, en aangevoer dat hy pensioenuitbetalings ontvang het maar dit nie bekendgemaak het nie.

Shanghala het nie met Imalwa saamgestem nie.