Opskorting van VSA bewaringsvondse bied ‘n geleentheid
Die Trump-administrasie het fondse vir buitelandse humanitêre programme bevries, asook vir internasionale biodiversiteitsbewaring. Kenners sê dit sal ‘n groot impak op omgewingsbeskerming en die stryd teen wildsmisdade hê. In Namibië is die beskerming van olifante, swart renosters en ietermagôs onseker, asook ondersteuning vir gemeenskapsbewaringsprojekte en wildbewaarders. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Namibiese ekoloog dr. Peter Cunningham.