Musk gee federale werkers nog ‘n kans
Elon Musk sê Amerikaanse federale werkers het nog ‘n geleentheid om hulle poste te regverdig of om hulle werk te verloor, terwyl die oorspronklike sperdatum verstryk het nadat personeel by verskeie federale agentskappe aangesê is om sy versoek te verontagsaam. Musk het werknemers van die federale regering aanvanklik tot gisteraand gegee om hul werkverrigting in ‘n e-pos te verduidelik. Die eis verteenwoordig die jongste opdrag aan staatsdienswerkers, aangesien sy Departement van Regeringsdoeltreffendheid stappe doen om federale personeel en uitgawes te besnoei. Hy het op X geskryf ‘n versuim om die tweede keer te reageer, sal lei tot afdanking.