Mariah Carey lei UK Heritage Live-fees
Globale superster, Mariah Carey, is in Augustus die hoofvertoning by die Heritage Live-fees by die Royal Sandringham-landgoed in Norfolk in die Verenigde Koninkryk. Die voorvertoning by die lokaal met sitplek vir 20 000 mense is Nile Rodgers en Chic asook Eternal. Woordvoerder van die fees, Giles Cooper, sê Carey se lys van enkelsnit-treffers verseker ‘n ongelooflike geleentheid. Dit sal die tweede Britse vertoning vir die sangeres in Augustus wees, want sy is ook bevestig as die hoofvertoning vir die Brighton Pride-fees.