Los hoër BTW, stop eerder regeringsektore se geldverliese
Die MK-party verwerp die voorgestelde BTW-verhoging van twee persentasiepunte en is van mening dit sal die armes buite verhouding belas. Die party voer aan die regering moet alternatiewe inkomstebronne ondersoek in plaas daarvan om belasting van sukkelende burgers te verhoog. MK se sekretaris-generaal, Floyd Shivambu, het op ‘n nuuskonferensie die regering versoek om alternatiewe maniere te ondersoek om inkomste te verhoog, soos die aanpak van belasting-erosie en die vermindering van finansiële verliese in munisipaliteite en ander regeringsektore.