Kitsvloede die week in vier streke verwag
Die Namibië Meteorologiese Diens het ‘n waarskuwing uitgereik oor moontlike kitsvloede, met matige tot swaar donderstorms wat vandeesweek in die Otjozondjupa-, Omaheke-, Khomas- en Hardap-streke verwag word. Kitsvloede kan voorkom wanneer meer as 50mm reën in 24 uur val en die publiek word gemaan om nie vloed- of vinnig vloeiende water te probeer oorsteek nie. Gedurende donderstorms moet mense in veilige geboue skuil en wegbly van oop areas, hoë bome en metaalstrukture. Deurnat huise en buitetoilette moet vermy word want hulle kan ineenstort, en motoriste moenie in op nat paaie jaag nie.