Gauteng identifiseer 442 kriminele baasbreine

Gauteng se premier Panyaza Lesufi sê misdaadbekamping bly ʼn belangrike prioriteit vir die provinsie se regering. Hy het gisteraand die provinsiale rede in Tshwane gelewer. Gauteng bly Suid-Afrika se misdaad-brandpunt waar 25-persent van die land se moorde volgens nasionale misdaadstatistiek gepleeg word. Lesufi sê hulle het saam met die privaat sektor 442 baasbreine, wat die ergste misdade in die provinsie pleeg, geïdentifiseer en profiele opgestel: