Gauteng-gesondheid skuld miljarde

Die DA in Gauteng sê die provinsiale gesondheidsdepartement se agterstallige skuld het binne drie maande van 4,8-miljard Suid-Afrikaanse rand tot 7,3-miljard-rand gestyg. Die DA-lid Jack Bloom sê hierdie begrotingstekort van 11 persent het veroorsaak dat poste gevries word, sowel as tekorte aan kritieke mediese voorraad. Betalings aan verskaffers is ook vertraag. Hy vra ‘n dringende verandering in die departement se leierskap.