Droogte is nog nie gebreek: landboukenner

Die langdurige droogte het boerdery ontwrig, met ongeveer 1,26 miljoen mense, of meer as 40 persent van die bevolking, wat krisisvlak voedselonsekerheid in die gesig staar, volgens die landbou-ministerie. Die reënseisoen het laat begin, met onder-normale reën wat in Oktober en November aangeteken is, wat aanplantings vertraag het. Alhoewel die situasie na verwagting sal verbeter, is boere reeds nadelig beïnvloed, sê die ministerie in ‘n verslag. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landboukenner Wallie Roux gepraat, wat sê die droogte is nog nie gebreek nie.