Windhoek Gim gaan eie radiostasie begin
Windhoek Gimnasium gaan sy eie kampus-radiostasie op die been bring. Die uitvoerende hoof van Curro in Namibië, Colette Rieckert, het die aankondiging tydens ‘n byeenkoms by die skool gemaak. Die Vereniging van Uitsaai Veterane begin volgende week met ‘n opleidingsprogram vir jong uitsaaiers by die skool. Rieckert sê dit is ‘n gulde geleentheid vir leerders om opleiding te kry nie net vir ‘n latere beroep nie, maar ook om hul selfvertroue ‘n hupstoot te gee en hul stemme te leer projekteer.